Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spelers op sosiale media aangeval

Arsenal en Leeds United het die beledigings op sosiale media veroordeel wat op Nicolas Pepe en Ezgjan Alioski gemik was ná dié spanne se doellose gelykopuitslag in die Premierliga.

Nicolas Pepe van Arsenal gedurende Sondag se kragmeting met Leeds United. Foto: Getty Images

Pepe, Arsenal se vleuel, is afgestuur nadat die videoskeidsregters opgemerk het dat hy Leeds se Alioski met die kop gestamp het.

Die skeidsregter Anthony Taylor het na die voorval op die Macedoniër gekyk voordat hy ’n rooikaart uitgepluk het.

Britse media berig albei spelers was ná die wedstryd aan die ontvangkant van rassistiese beledigings deur die ander span se ondersteuners.

“Ons veroordeel ten volle die uitlatings teenoor Nicolas Pepe en Ezgjan Alioski op sosiale media ná ons wedstryd teen Leeds United,” het Arsenal in ’n verklaring gesê.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar en ons sal met die polisie en owerhede saamwerk om alles te doen sodat ons die oortreders kan opspoor en vervolg.”

Leeds het ’n soortgelyke verklaring uitgereik waarin hy sê hy duld nie sulke behandeling nie.

Sosiale media se groeiende gewildheid het tot gevolg gehad dat diskriminasie teenoor sokkerspelers die laaste paar jaar drasties toegeneem het.

Crystal Palace se verdediger Patrick van Aanholt en die vleuel Wilfried Zaha is van die spelers wat ’n beroep gedoen het op sosialemedia-platforms om strenger op te tree teen rassisme nadat hulle ook geteiken is.

Manchester United se Marcus Rashford en Paul Pogba het ook al deurgeloop. – Reuters

Meer oor:  Leeds United  |  Arsenal  |  Nicolas Pepe  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.