Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sokkerster skenk ruim om vlieënier op te spoor

Die Franse Wêreldbeker-sokkerheld Kylian Mbappe het £27 000 (sowat R475 000) geskenk om die familie van die vermiste vlieënier David Ibbotson te help om sy lyk op te spoor.

Ibbotson was op 21 Januarie – met die Cardiff City-sokkerspeler Emiliano Sala aan boord – van Nantes in Frankryk na Wallis onderweg toe hul ligte vliegtuig in die Engelse kanaal naby Guernsey neergestort het.

Spelers van Watford en Tottenham Hotspur handhaaf einde verlede maand ’n minuut van stilte vir Emiliano Sala en die vlieënier David Ibbotson. Foto: Getty Images

Sala se lyk is in die wrak van die vliegtuig op die seebodem gevind, maar daar was geen teken van Ibbotson, ’n Engelsman, nie.

Luidens ’n berig op bbc.com het die voormalige Engelse kaptein Gary Lineker ook £1 000 (sowat R17 600) geskenk vir die private soektog na Ibbotson se lyk.

Teen Sondagaand is 7 000 skenkings ter waarde van £130 000 reeds op ’n geldinsamelingswebwerf gedoen.

Die Franse sokkerspeler Kylian Mbappe. Foto: Getty Images

Mbappe, wat Frankryk verlede jaar tot WB-glorie in Rusland gevoer het, het onder die naam Elie Lottin geskenk. Sy volle name is Kylian Mbappe Lottin.

Sala-hulle se vliegtuig het neergestort slegs twee dae nadat Cardiff City aangekondig het dat hy dié speler in ’n transaksie ter waarde van £15 miljoen bekom het.

Owerhede het op 24 Januarie die soektog na die vermiste vliegtuig afgelas, maar die wrak, met die Argentynse sokkerspeler se lyk daarin, is gevind nadat sy agent geld ingesamel het om ’n private soektog van stapel te stuur.

Ibbotson se familie hoop nou ’n soortgelyke soektog kan hulle help om afsluiting te vind. – Sportredaksie

Meer oor:  Kylian Mbappe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.