Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Sokkersterre se koolstof-voetspoor

Die vlugte wat die wêreld se voorste 20 sokkerspelers in die vorige seisoen onderneem het om wedstryde by te woon, was vir die emissie van 505 ton se koolstofdioksied verantwoordelik.

Wat die wêreld se 20 voorste sokkerspelers betref, het die Brasiliaan Marquinhos die grootste koolstof-voetspoor. Foto: Getty Images

Só het Andrew Welfle, ’n navorser oor klimaatsverandering aan die Universiteit van Manchester, bevind.

Welfle, wat ondersoek ingestel het na die sokkerreise van die 20 spelers wat benoem is vir vanjaar se Ballon d’Or-prys (wêreldsokker se Speler van die Jaar), sê sokkerbeheerliggame en -klubs moet klimaatsverandering bestry deur minder vlugte te onderneem en ander opsies vir hul spelers te vind om hul koolstof-voetspoor kleiner te maak.

Spelers van buite Europa het die afgelope seisoen die meeste vlugmyle opgestapel, omdat hulle na hul geboortelande moes terugkeer vir internasionale wedstryde.

Die speler bo-aan die lys is Brasilië se Marquinhos, wat ’n yslike 110 787 km in vliegtuie afgelê het. Sy landgenoot Roberto Firmino lê tweede op die lys met 97 907 km en Suid-Korea se Son Heung-min is derde (88 289 km).

Marquinhos, wat sy klubsokker vir Paris St Germain in Frankryk speel, was vir die emissie van 53,5 ton se koolstofdioksied verantwoordelik. Een van die wêreld se voorste spelers, Lionel Messi (Barcelona en Argentinië), se emissie was 20,9 ton.

Om dít in konteks te stel, is die emissie van 40 ton gelykstaande aan die verbranding van 20 ton se steenkool.

“Die aard van sokker, waar spanne dikwels lang afstande moet reis vir wedstryde en boonop spelers het wat ook nog bykomende internasionale vlugte moet onderneem, is ’n resep vir ’n groot koolstof-voetspoor.”

Welfle glo as die kollig geskyn word op die koolstof-voetspoor van die Internasionale Sokkervereniging (Fifa), die Engelse Premierliga en individuele klubs, sal daar regstellende aksie geneem word.

Die studie het ook uitgelig hoeveel skade privaat stralers aanrig. 

klimaatsverandering

– Reuters

Meer oor:  Koolstof  |  Klimaatsverandering  |  Marquinhos  |  Sport  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.