Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spaanse La Liga hervat straks in Junie
Lionel Messi tydens ’n kragmeting tussen sy klubspan, Barcelona, en Real Betis in 2019 in Seville, Spanje. Foto: Getty Images

Die Spaanse sokkerliga La Liga sal op 8 Junie hervat nadat dié land se eerste minister, Pedro Sánchez, Saterdag die groen lig daarvoor gegee het.

Alle sokker in Spanje is in Maart weens die uitbreek van die Covid-19-virus op ys geplaas, hoewel van die klubs reeds na die oefenveld toe teruggekeer het.

Die ringkoppe van die La Liga moet nog die presiese datum aandui waarop die aksie sal hervat, maar die liggaam se president, Javier Tebas, het tevore gesê hy hoop dat dit op 12 Junie sal wees.

“Spanje het gedoen wat gedoen moes word en daar kan nou nuwe horisonne vir almal wees. Die tyd het aangebreek om die meeste van ons daaglikse aktiwiteite te hervat.

“Spaanse sokker het ’n groot gevolg, maar dit is nie die enigste ontspanningsaktiwiteit wat sal hervat nie,” het Sánchez Saterdag gesê.

Spanje is een van die lande wat die ergste getref is deur die uitbreek van die koronavirus, met 27 940 sterfgevalle wat teen Saterdag volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se webtuiste in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer het egter drasties afgeneem, met slegs 56 gevalle wat Vrydag aangemeld is. Spanje het ook reeds begin om sy streng maatreëls ten opsigte van die staat van inperking te verslap. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Spanje  |  La Liga  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.