Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spandokter neem eie lewe weens virus
a
Bernard Gonzalez (60) het glo ’n nota gelos waarin hy noem dat hy positief vir Covid-19 getoets het. Foto: Getty Images

Die Franse sokkerklub Reims rou ná sy spandokter Bernard Gonzalez sy eie lewe geneem het nadat Covid-19 by hom gediagnoseer is.

“Platgeslaan, Reims huil vir Bernard Gonzalez,” sê die Ligue 1-klub in ’n verklaring. “Nie net die klub nie, maar ook honderde mans en vroue in Reims.”

Goal.com berig Gonzalez (60) was vir 23 jaar aan die klub verbonde.

“Ek is ingelig dat dokter Gonzalez glo ’n nota gelos het waarin hy noem dat hy positief vir Covid-19 getoets het,” sê Reims se burgemeester, Arnaud Robinet.

“Ek is geskok oor sy dood, want hy is iemand wat ek vir baie jare geken het.

“Hy was nie net die dokter by die sokkerklub nie, maar ook verskeie inwoners van Reims se huisdokter. Hy was bekend vir sy menslike en professionele kwaliteite.

“Hy sal gemis word deur die sokkergemeenskap en almal in Reims wat hom geken het.”

Reims se klubpresident, Jean-Pierre Caillot, sê hy is “platgeslaan” deur die nuus.

“Hierdie pandemie het Reims in die hart getref. ’n Groot persoonlikheid en uitstekende professionele sokkermens het ons verlaat,” sê Caillot.

Meer as 8 000 mense in Frankryk is aan die koronavirus dood.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.