Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
'Spel in leë stadions nie oplossing'
Borussia Dortmund die afgelope naweek voor leë paviljoene teen Schalke in die Bundesliga in aksie.Foto: Reuters

Sokkerwedstryde in leë stadions weens die koronavirus-pandemie is bloot ’n korttermyn-oplossing, meen die voormalige Arsenal-breier Arsène Wenger.

Wenger meen die sport kan groot skade ly as dié situasie te lank gaan aangaan.

Die Duitse Bundesliga het die afgelope naweek die eerste groot liga geword wat ná die wêreldwye inperking weer met wedstryde begin het. Ligas van oor die wêreld heen hou sake in Duitsland fyn dop om te sien watter lesse hulle kan leer.

“Sal die spel op die lange duur oorleef? Ek glo (wedstryde agter geslote deure) sal die spel uiteindelik skade berokken,” het Wenger, deesdae Fifa (die internasionale beheerliggaam) se hoof van internasionale ontwikkeling, gesê.

Ek glo (wedstryde agter geslote deure) sal die spel uiteindelik skade berokken.
Arsene Wenger

“Dis moeilik om jou ’n hele seisoen sonder toeskouers in te dink. Dit is hoekom dit net ’n korttermyn-oplossing moet wees.

“Ek glo wel dat die leë paviljoene tans die beste oplossing is om die huidige seisoen af te handel,” sê Wenger.

In Engeland beoog die Premierliga om sy seisoen volgende maand te hervat en die deelnemende spanne het Maandag, as deel van Project Restart, weer vergader om die nodige stappe te bespreek.

“Wenger het beaam dat gesondheidsvereistes steeds die belangrikste oorweging moet wees wanneer oor die hervatting van die wedstryde besluit word. – Reuters

Meer oor:  Arsene Wenger  |  Frankryk  |  Engeland  |  Covid-19  |  Arsenal  |  Inperking  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.