Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Speler beboet wat breier ondermyn

Die Chelsea-doelwagter wat geweier het om vervang te word in sy span se nederlaag in die Engelse Ligabeker-eindstryd teen Manchester City, het om verskoning gevra en is met ’n week se salaris beboet.

Ek gaan nêrens nie! Kepa Arrizabalaga, Chelsea se doelwagter, het Sondagaand in die Engelse Ligabeker-eindstryd teen Manchester City geweier om vervang te word. Foto: Getty Images

City het Chelsea Sondag in ’n strafdoelstryd met 4-3 geklop in ’n dramatiese kragmeting op Wembley, maar die bisarre voorval tussen Kepa Arrizabalaga – die wêreld se duurste doelwagter – en die span se afrigter, Maurizio Sarri, het die kollig gesteel.

Sarri wou die Spanjaard met Willy Caballero vervang en het ’n woedeaanval op die kantlyn beleef toe Arrizabalaga sy opdrag teenstaan.

“Hoewel daar ’n misverstand was, het ek by nabetragting besef ek het ’n groot fout gemaak met hoe ek die situasie gehanteer het,” sê Arrizabalaga in ’n verklaring op Chelsea se amptelike webblad.

Volgens Sarri het hy en Arrizabalaga sedertdien ’n “goeie gesprek” gehad. Die beleërde breier het die voorval ook as ’n “misverstand” beskryf.

“Kepa besef hy het ’n groot fout gemaak met die wyse waarop hy gereageer het,” sê Sarri.

“Hy het om verskoning gevra aan my, sy spanmaats en die klub. Die besluit rus by die klub of hulle hom verder wil straf, maar volgens my is die saak nou afgehandel.”

Arrizabalaga het hom in Augustus vir 80 miljoen euro by Chelsea aangesluit.

Die klub gaan sy boete aan die Chelsea Foundation skenk.

– Sportredaksie

Meer oor:  Premierliga  |  Maurizio Sarri  |  Chelsea  |  Kepa Arrizabalaga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.