Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Speler, bruid jaag van hul eie troue na stryd

Jou troudag is een van die belangrikste gebeurtenisse in jou lewe, maar wat gebeur wanner jou span op dieselfde datum in ’n belangrike halfeindstryd speel?

Die gelukkige paartjie op hul troudag saam met ’n gelukkige span.

Dit was die penarie waarin Luke Borean, doelwagter van Australië se Queensland Lions-sokkerspan, hom Saterdag bevind het toe die gelukkigste dag van sy lewe weens die Covid-19-pandemie gebots het met die sy span se grootste wedstryd van die seisoen.

Borean het ’n middeweg gevind eerder as om sy bruid, Ellen Hepburn, of sy spanmaats teleur te stel. Die paartjie het direk nadat hulle getrou het na die wedstryd vertrek en in volle troudrag in ’n Ferrari by die Peninsula Power se tuisveld opgedaag.

“Daar was beslis ’n paar oop monde – die span was werklik geskok,” sê Darren Sime, die Lions se afrigter, in ’n onderhoud met ABCSport.

Luke Borean het hierdie seisoen in nege wedstryde nie ’n doel afgestaan nie. Foto: Getty Images

Borean het voor sy moeilike besluit te staan gekom omdat die plaaslike NPL-seisoen weens die pandemie vir etlike maande opgeskort is.

Sime en sy personeel was oortuig hul ster-doelwagter sou eerder sy troue bywoon as die wedstryd speel toe die Lions – wat in die tweede liga van die NPL-reeks meeding – die halfeindronde haal.

“Daar daag hy toe Dinsdag redelik nonchalant by ons oefening op,” sê Sime.

“Ek het vir hom gesê ek benodig sy hulp om (reserwe-doelwagter) Ryan Murphy vir die wedstryd voor te berei. ‘Ag, moet jou nie daaroor bekommer nie, Simsey, dit is als onder beheer’, het hy geantwoord.”

Borean (30), met sy vrou op die paviljoen tussen die toeskouers, het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Die Lions het met 4-1 met Peninsula Power afgereken om hul plek in die eindstryd teen Brisbane Olympic te bespreek.

“Die klub sal uiteraard nooit in iemand se pad staan op sy troudag nie,” sê Sime.

“Jy moet daardie oomblikke vier. Maar hulle het besluit om daardie oomblik saam met ons te vier, iets waarvoor ons baie dankbaar is.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.