Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Speler positief vir Covid-19 3 dae later
Aaron Ramsdale, doelwagter van Bournemouth. Foto: Getty Images

Bournemouth se doelwagter Aaron Ramsdale sê hy is met ’n tweede ronde van toetsing in die Engelse Premierliga positief getoets vir Covid-19 – drie dae nadat sy eerste toets vir dié virussiekte negatief was.

“My toets verlede Maandag voor ons begin oefen het, was negatief,” het Ramsdale aan The Sun gesê.

Dit blyk hy het die virus opgedoen toe hy gaan inkopies doen het.

“Ek het die afgelope week gewone dinge gedoen soos om supermark toe te gaan en brandstof in my motor te gooi. Ek was net so versigtig soos voorheen met die inperking en dit lyk asof ek dit opgedoen het tydens ’n inkopietog.”

Ramsdale het weer begin slyp toe die Premierliga-klubs toestemming gegee is dat spelers in klein groepe mag oefen, maar met sosiale afstand wat gehandhaaf word.

Dié 22-jarige sê hy het geen simptome gehad nie en dat hy nou in afsondering is.

“Ek het nou sewe dae se isolasie tuis. Die klub was wonderlik. Die spelers en veral die personeel het gesê ons moet net vra as ons iets nodig het. Goed soos kruideniersware, hulle sal dit by die deur los.”

Bournemouth het Sondag gesê sy oefengeriewe is steeds ’n veilige plek en dat die spelers en personeel steeds twee keer per week getoets sal word. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.