Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spelers dra maskers uit protes

Die spelers van die Brasiliaanse sokkerklub Gremio het Sondag maskers gedra uit protes teen die plaaslike Gaucho-liga se besluit om wedstryde te laat voortgaan te midde van die Covid-19-pandemie.

Die Gremio-sokkerspan se protesaksie het die gewensde uitwerking gehad. Foto’s: Getty Images

BBCSport berig Renato Portaluppi, die span se breier, het sy spelers op die veld gelei vir hul kragmeting teen São Luiz. Hy en die elftal in sy beginspan het wit maskers gedra terwyl hulle voorberei het vir die wedstryd om af te skop.

Gremio het in ’n leë stadion met 3-2 geseëvier.

Portaluppi het owerhede gewaarsku Gremio is bereid om te staak indien die liga nie tydelik afgelas word nie.

“Dis tyd dat Gremio standpunt inneem, daarom het ons maskers gedra sodat die owerhede besef die spelers is ook mense,” sê hy.

“Ons is nie immuun teen virusse nie. Daar is geen punt om die deure vir toeskouers te sluit nie. So die toeskouers word beskerm en skroef die mense wat vir sokker werk nie.

“Die hele wêreld het tot stilstand gekom – moet Brasiliaanse sokker nie dieselfde doen nie? Dit is ons boodskap en ons hoop hulle luister. Hopelik sal gesonde verstand seëvier.”

Die CBF, die beheerliggaam vir sokker in Brasilië, het ure later aangekondig dat alle nasionale kompetisies tot verdere kennisgewing opgeskort word.

Renato Portaluppi, die span se afrigter. Foto: Getty Images

Intussen het alle Suid-Afrikaanse sokkeraktiwiteite Sondag soos normaalweg voortgegaan. Die PSL beplan egter ’n “dringende vergadering" nadat pres. Cyril Ramaphosa die land Sondagaand oor die koronavirus toegespreek het, berig Sport24.

Bykans alle ander sportgeleenthede wêreldwyd is ook weens die Covid-19-virus óf voorlopig gestaak óf geheel en al gekanselleer.

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.