Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spelers gee lone vir liefdadigheid

Die spelers en afrigtingspan van Southampton se sokkerspan gaan ’n deel van hul salaris aan ’n liefdadigheidsorganisasie skenk in ’n poging om weer in die goeie boekies van hul ondersteuners te kom.

Southampton se verslae spelers verlaat die veld nadat hulle met 9-0 afgeransel is deur Leicester. Foto: Reuters

Dít volg nadat dié klub Vrydag op sy tuisveld met 9-0 deur Leicester verneder is. Dít was die grootste weg-oorwinning in die geskiedenis van die Engelse Premierliga.

Dit was ook die Saints, wat ’n groot deel van die wedstryd net tien spelers op die veld gehad het, se grootste tuisnederlaag in hul 133-jarige geskiedenis.

“Die groep doen alles in sy vermoë om dinge reg te stel. As ’n eerste stap het hulle besluit om hul wedstrydgeld aan die Saints-stigting te skenk, wat dit nodig het om belangrike welsynswerk te doen,” sê die klub in ’n verklaring.

Die veld wil op die veld ook sake regstel, maar dít gaan veel moeiliker wees, want hulle speel Dinsdag (in die Ligabeker) én Saterdag (in die Premierliga) teen die kragtige Manchester City, die heersende Premierliga-kampioen.

Southampton bevind hom tans in die relegasiesone van die Premierliga-puntelys en sy Oostenrykse afrigter, Ralph Hasenhüttl, het toegegee as hulle nie vinnig hul sokkies optrek nie, is relegasie dié seisoen hul voorland. 

– Reuters

Meer oor:  Southampton  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.