Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spelers moet opstaan, vra Solskjaer

Ole Gunnar Solskjaer het erken daar is “geen vinnige kuur” by Manchester United in hul strewe om op plaaslike sowel as Europese vlak hul stem dik te maak nie.

United is in die middel van die week met 3-0 deur Barcelona verniel, wat ’n einde aan sy Kampioeneliga-veldtog in die kwarteindronde gemaak het, terwyl hy ook sukkel om in die topvier van die Premierliga te eindig.

Solskjaer, wie se onmiddellike fokus op ’n moeilike week is waarin die span binne agt dae teen Everton, Manchester City en Chelsea moet speel, weet alles sal nie opgelos word deur ’n klomp spelers te kontrakteer nie.

Ole Gunnar Solskjaer. Foto: Getty Images

Voor die reis na Goodison Park Sondag, het hy gesê United weet hy moet realisties wees en dat daar werk op hom wag.

“Daar is geen vinnige kuur nie, dit is nie asof ons sewe spelers koop en skielik is alles reg nie. Ons is waar ons is.

“Ons moet dit stap vir stap neem en natuurlik sal daar kontrakte die somer aangegaan word,” het hy gesê.

United het vyf van hulle laaste sewe wedstryde onder Solskjaer verloor, wat met omtrent ’n volsterkte span sit vir die naweek, met die middelveldspeler Ander Herrera wat weer oefen.

“Wanneer jy speel is daar nie wegkruipplek nie, almal kan sien op watter vlak jy is.

“Spelers moet verantwoordelik wees vir wat gebeur. Maar natuurlik is dit die vertonings op die veld wat sal bepaal waar hulle in hulle loopbane is.

“Dit is ook waaroor ons in Barcelona gepraat het. Wanneer jy in groot stadions is, moet jy die volgende tree gee en daar is beslis geen wegkruipplek nie,” het Solskjaer gesê.

* Liverpool kan Sondag ’n tree nader aan die ligatitel gee met ’n oorwinning weg van die huis oor Cardiff City. Hy staan op 85 punte, gevolg deur Man City wat kort op sy hakke is.

City kom Saterdag op sy beurt tuis teen Tottenham te staan en sal ook aan die wenkant wil wees, en selfs ’n nederlaag sal hom binne bereik van die Reds hou.

Liverpool het drie wedstryde oor en Man City, vier.

In Saterdag se ander wedstryde pak Huddersfield Watford mekaar, West Ham speel gasheer vir Leicester City, Bournemouth vir Fulham, Wolves pak Brighton en Newcastle en Everton sê mekaar die stryd aan.In Sondag se oorblywende wedstryde kom Arsenal teen Crystal Place te staan, terwyl Chelsea en Burnley sake sal uitspook. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.