Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
President sê vodka, sauna troef Covid-19

Die Covid-19-pandemie het die sportwêreld tot stilstand gedwing, maar een spesifieke Europese sokkerliga gaan sonder om te skroom voort.

Toeskouers by die afgelope naweek se derby-wedstryd in Belarus se hoofstad, Minsk. Foto: Getty Images

Belarus se BPL is die enigste beroepsliga wat nie opgeskort is nie, al het gesondheidsowerhede bevestig daar is meer as 150 positiewe gevalle van die koronavirus in dié Oos-Europese land.

Belarus-spanne verskyn nie gereeld in die glansryke Europese Kampioeneliga nie, maar die plaaslike liga kan uitsien na meer dekking as ooit tevore omdat aanhangers desperaat is vir hul weeklikse plesiertjie.

Die BPL sê hy is glad nie van plan om wedstryde uit te stel of sy seisoen af te las nie. Hierdie standpunt word versterk deur die advies wat Belarus se president, Alexander Lukashenko, onlangs aan die land se inwoners gegee het.

Lukashenko, president sedert 1994, het sy landgenote aangeraai om 50 ml vodka per dag te drink en gereeld ’n sauna te besoek indien hulle die dodelike virus wil afweer.

Daar woon meer as 9,5 miljoen mense in Belarus en die 65-jarige leier se advies staan in sterk kontras met gesondheidsowerhede se aanbevelings.

Baie lande het nasionale inperkings aangekondig en volg streng maatreëls van sosiale afsondering, maar Lukashenko meen die wêreld se reaksie is “psigoties”.

Lukashenko het verlede naweek in ’n amateur-yshokkiewedstryd gespeel en is gevra of hy bang is vir die koronavirus. “Sport is die beste anti-viruskuur,” het hy gesê.

“Dit is beter om op jou voete te staan as om op jou knieë te lewe.”

Lukashenko is ook gevra of enigiets hom sou verhoed om yshokkie te speel.

“Moontlik, maar hoekom? Ek kan dit nie verstaan nie. Daar is geen virusse hier nie.

“Het jy enige van hulle hier gesien rondvlieg? Ek ook nie. Hierdie is ’n yskas.”

x
Sommige toeskouers het maskers gedra. Foto: Getty Images

BBCSport berig ses BPL-kragmetings is die afgelope naweek beslis en sowat 3 000 toeskouers was teenwoordig by die derby-wedstryd tussen FC Minsk en Dinamo Minsk in die hoofstad, Minsk.

Die BPL is oorgehaal om voort te gaan nadat hy bykomende uitsaaiooreenkomste in tien lande gesluit het, insluitend Rusland, Israel en Indië, berig Reuters.

Daar word die naweek agt BPL-wedstryde beslis, maar die liga se optrede is onder die soeklig.

Fifpro, wêreldsokker se spelersvereniging, meen dit is onvanpas vir beroepsokker in Belarus om te midde van ’n pandemie voort te gaan.

“Dit is eerlikwaar onverklaarbaar hoe hierdie toegelaat kan word,” sê Jonas Baer-Hoffmann, sekretaris van Fifpro.

“Ja, daar is bekommerde BPL-spelers wat ons oor die kwessie gekontak het.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Belarus  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.