Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spurs gee Mourinho glo trekpas

Tottenham Hotspur het José Mourinho, sy gevierde afrigter, Maandag die trekpas gegee.

Sky Sports berig dis neusie verby vir José Mourinho as Spurs se afrigter. Foto: Getty Images

Spurs se gelykopuitslag Vrydag met 2-2 elk teen Everton het meegebring dat dié Engelse sokkerspan slegs sewende op die Premierliga-puntelys is. Dit beteken dat die 2019 se Kampioeneliga-finalis maar ’n skrale kans het om vir volgende seisoen se Kampioeneliga te kwalifiseer (slegs die topvier-spanne in die Engelse Premierliga kwalifiseer outomaties).

Mourinho is in November 2019 in die plek van Mauricio Pochettino aangestel.

Die tydsberekening van Spurs se bestuur sal die oë laat rek, want dié klub speel Sondag op Wembley in die eindstryd van die Ligabeker-uitklopreeks teen Manchester City.

“Die klub bevestig dat die dienste van José Mourinho en sy afrigtingspan, bestaande uit Joao Sacramento, Nuno Santos, Carlos Lalin en Giovanni Cera, beëindig is,” het Spurs in ’n verklaring bevestig.

Dié nuus volg kort op die hakke van die skokaankondiging dat Spurs een van 12 klubs is wat ’n rebellereeks, die Superliga, gaan vorm as mededinger vir die bestaande Kampioeneliga. – Reuters

Meer oor:  Tottenham Hotspur  |  Spurs  |  José Mourinho  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.