Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spurs nou voor op Premierliga-puntelys

Tottenham Hotspur gee nou die pas in die Engelse Premierliga aan ná ’n doellose gelykop-uitslag teen Chelsea Sondagaand op Stamford Bridge.

Edinson Cavani vier sy eerste doel in Manchester United se Premierliga-stryd teen Southampton.Foto: Reuters

Hoewel Spurs en Liverpool albei 21 ligapunte het, spog José Mourinho se span met ’n beter doeleverskil. Liverpool moes Saterdag met ’n gelykop-uitslag van 1-1 teen Brighton & Hove Albion tevrede wees.

Vroeër Sondag het Manchester United soos die span van ouds ’n dramatiese oorwinning in sy wegwedstryd teen Southampton bewerkstellig.

Die tuisspan het twee doele in die eerste helfte aangeteken en ná bykans ’n kwartier se spel in die tweede helfte het dit gelyk of hy drie ligapunte in die sakkie het.

Bruno Fernandes het egter United se terugvegpoging in die 59ste minuut met ’n doel begin. Edinson Cavani het die gelykmaker in die 74ste minuut aangeteken en toe die wendoel in die derde minuut van beseringstyd. – Sportredaksie

Meer oor:  Tottenham Hotspur  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.