Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spurs se pyn sonder Harry Kane

Tottenham Hotspur se aanspraak op die Engelse Premierliga-titel het Woensdag ’n kwaai knou gekry met die nuus dat die doelskieter Harry Kane tot in die tweede week van Maart met ’n enkelbesering buite aksie sal wees.

Harry Kane kry behandeling nadat hy enkelligamente beseer het in Tottenham Hotspur se Premierliga-wedstryd teen Manchester United.Foto: Getty Images

Kane (25) het tot dusver in sy loopbaan by Spurs 155 doele in net 217 wedstryde aangeteken. Hy het dié seisoen reeds 20 doele in 30 wedstryde aangeteken.

Tottenham, wat derde op die puntelys is, het ’n ernstige tekort aan doelskieters. Heung-Min Son, wat vanjaar al 8 doele aangeteken het, gaan volgens skysports.com tot vroeg in Februarie in die Asiese Beker-toernooi speel.

Die verwagting is dat Kane Spurs se volgende 14 wedstryde in alle reeks kan misloop. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.