Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spurs smyt sege weg teen West Ham

Tottenham Hotspur se Harry Kane en Son Heung-Min is ongetwyfeld die gevaarlikste doelskieter-kombinasie in die Engelse Premierliga.

Dit het gevolg nadat Spurs se sokkerspan Sondag in Londen drie doele binne die eerste 16 minute (twee doele deur Kane en een deur Heung-Min) ingeryg het teen West Ham.

Harry Kane (Tottenham Hotspur) teken sy tweede doel met ’n kopskoot aan in Sondag se kragmeting met West Ham in die Engelse Premierliga in Londen. Foto: Reuters

Heung-Min het die eerste doel ná net 45 sekondes aangeteken en Kane het dit in die 8ste en 16de minuut opgevolg. Boonop het albei spelers ’n aandeel in twee van die doele gehad.

Maar toe gee Spurs se verdediging teen die einde mee nadat West Ham se Fabian Balbuane, Davinson Sanchez en Manuel Lanzini drie doele aangeteken het om die wedstryd met 3-3 gelykop te laat eindig.

• Sheffield United het sy eerste punte van die seisoen aangeteken nadat sy wedstryd teen Fulham met 1-1 gelykop geëindig het.

Die plaasvervanger Billy Sharp het diep in die stryd met ’n strafdoel vir Sheffield geslaag nadat Ademola Lookman vir Fulham laat voorloop het.

• Crystal Palace en Brighton het ook met 1-1 gelykop gespeel nadat Zaha sy span in die 10de minuut met ’n strafdoel laat voorloop het voordat Alexis Mac Allister in die 90ste minuut die gelykmaker vir Brighton aangeteken het. – bbcsport.com

Meer oor:  West Ham  |  Spurs  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.