Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Streng protokol voor Engelse liga begin
Richard MastersFoto: Getty Images

Engelse Premierliga-sokkerklubs sal onderwerp word aan toetse om te verseker hulle voldoen aan die protokol van pandemie-oefening, met elke positiewe toets wat bekend gemaak sal word.

Die 20 klubs in die Premierliga het eenparig ingestem dat kleiner groepe van Dinsdag af kan oefen en weer op 26 Mei byeen sal kom om die protokol van oefeninge te bespreek. Dit sal help aandui wanneer die Premierliga weer kan begin en spelers en afrigters sal gekonsulteer word.

12 Junie is genoem as ’n datum wanneer die Premierliga weer kan begin, maar die uitvoerende hoof, Richard Masters, sê dit is net genoem as ’n moontlikheid.

In die eerste stap oefen ’n klein groep van vyf spelers saam, terwyl sosiale afstand steeds gehandhaaf word en elke sessie sal nie langer as 75 minute vir een speler duur nie.

Richard Garlick, die liga se direkteur van sokker, sê dit is belangrik dat elke klub die vertroue moet hê dat hul teenstanders ook die reëls handhaaf.

“Ons kan inligting vra deur die sessies op video te laat opneem en ook GPS-data,” sê hy.

“Ons sal ons eie oudit-inspeksie span inbring en dit sal op die oefenvelde gemonitor word.

“Geleidelik sal daar ’n inspekteur by elke veld wees. Dit sal die vertroue gee dat die protokol gevolg word en die publiek gerusstel dat ons ’n veilige werkomgewing wil skep.”

Geleidelik sal daar ’n inspekteur by elke veld wees. Dit sal die vertroue gee dat die protokol gevolg word en die publiek gerusstel dat ons ’n veilige werkomgewing wil skep.
Richard Garlick

Die BBC berig verrassingsinspeksies is nie uitgesluit nie.

Masters sê alle positiewe toetse sal bekend gemaak word en alles sal deursigtig wees, hoewel die liga nie die naam van die speler of klub bekend sal maak nie.

Die uitslae van die eerste toetse vir die koronavirus sal Dinsdagmiddag bekend wees.

In die eerste fase sal daar van spelers verwag word om by die oefeninge op te daag met hul oefenklere reeds aan en dat daar drie parkeerruimtes oopgelaat sal word tussen motors.

Hulle sal nie in een area byeenkom nie. Hulle moet hul gesigte bedek en alle oefenapparaat sal skoongemaak moet word deur klubpersoneel wat beskermende drag (PPE) dra.

Die liga se mediese adviseur, dr. Mark Gillett, het dit nie uitgesluit dat spanne in kwarantyn in hotelle sal bly wanneer die liga hervat nie, maar sê dit is nog nie bespreek nie.

Hy het ook gesê mense van ’n swart, Asiese of minderheidsgroep word meer geraak deur Covid-19. – Team Talk

Meer oor:  Engeland  |  Covid-19  |  Sokker  |  Protokol  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.