Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Stryery oor geld vir Sala ontstig breier

Die sokkerspanne van Cardiff City en Nantes het gemoedere onnodig laat hoog loop met hul openbare dispuut oor die betaling van die oordragfooi van £15 miljoen (sowat R273 miljoen) vir wyle Emiliano Sala.

Neil Warnock, Cardiff City se afrigter, verlede naweek op Emiliano Sala se begrafnis in Argentinië. Foto: Getty Images

So het Neil Warnock, afrigter van Cardiff, vandeesweek oor dié netelige kwessie gesê.

Sala is in Januarie in ’n vliegtuigongeluk dood kort nadat die Engelse Premierliga-span Cardiff City sy dienste by Nantes, ’n Franse klub, bekom het.

Dié Argentyn was van Nantes na Cardiff onderweg toe die ligte vliegtuig waarin hy op reis was in die Engelse Kanaal neergestort het. Sy lyk is later in die wrak gevind, terwyl daar nog na die vlieënier, David Ibbotson, se oorskot gesoek word.

Dié onvoorsiene en tragiese gebeure het tot ’n dispuut tussen die klubs gelei oor presies wanneer Cardiff die eerste paaiement op die reuse-oordragfooi moes betaal.

“Cardiff het vir uitstel gevra en ek dink Nantes het nou daartoe ingestem,” het Warnock Donderdag op ’n nuuskonferensie gesê.

“As ons terugkyk, is sekere dinge nie reg gedoen nie. Dit het gemoedere hoog laat loop. Dit het praatjies (in die openbaar) laat ontstaan oor kwessies wat eerder tussen die twee klubs moes gebly het. Ek is egter optimisties dat die klubs sake binnekort sal uitstryk.”

Honderde mense het verlede naweek van Emiliano Sala afskeid geneem in sy geboortedorp, Progreso. Foto: Getty Images

Warnock, wat Sala se begrafnis verlede naweek in Argentinië bygewoon het, het ook baie lof gehad vir die wyse waarop sy spelers, ondank dié tragedie, steeds daarin geslaag het om hul fokus in wedstryde te behou. 

– Reuters

Meer oor:  Sokker  |  Emiliano Sala
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.