Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Swansea boikot sosiale media ná rassisme

Die sokkerspan Swansea City gaan sosiale media in reaksie op aanlyn rasse-aanvalle en diskriminasie vir ’n week lank boikot.

Korey Smith van Swansea City hanteer die bal. Foto: Getty Images

Die span in die Kampioeneliga se tweede liga sê sy eerste span sowel as sy vrouespelers, tesame met die klub se personeel en al sy kanale, wat Facebook, Twitter en Instagram insluit, sal vir sewe dae op sosialemedia-platforms stil wees.

Dit kom nadat verskeie Swansea-spelers in die laaste tyd opmerkings toegesnou is.

Julian Winter, die klub se uitvoerende hoof, het ook aan Jack Dorsey, sy eweknie by Twitter, asook Mark Zuckerberg, voorsitter en stigter van Facebook, geskryf en gevra dat strenger beheer uitgeoefen word en mense swaarder gestraf word wanneer hulle aanvallende boodskappe stuur.

“Ons voel dit is geregverdig om standpunt in te neem teen optredes wat ’n skending van ons sport en ons samelewing is,” sê Swansea in ’n verklaring.

Die boikot sal sy wedstryd Saterdag teen Millwall en Dinsdag en Woensdag se wegwedstryde teen Sheffield insluit.

Liverpool het Woensdag die rassistiese opmerkings teenoor Trent Alexander-Arnold, Naby Keita en Sadio Mane op sosiale media veroordeel nadat die span in die Kampioeneliga 1-3 teen Real Madrid verloor het. – Reuters

Meer oor:  Rassisme  |  Swansea City  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.