Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Amateurs ‘kruip weg’ vir wedders

Twee amateur-sokkerklubs in Swede is genoop om ’n vriendskaplike wedstryd te kanselleer en in die geheim te speel omdat dit ongekende belangstelling van beroepswedders wêreldwyd uitgelok het.

Ivan Bobko van Eskilstuna in aksie tydens ’n Allsvenskan-wedstryd. Foto: Getty Images

Byna 150 beroepswedders wou weddenskappe op die wedstryd aanvaar omdat daar geen ander regstreekse sport plaasvind nie, het die Sweedse koerant Sportbladet berig.

Terwyl daar nog geen inperkings weens Covid-19 in Swede geld nie, sou Eskilstuna en Naeshulta Goif verlede Maandag in ’n oefenwedstryd kragte gemeet het.

“Mense het van ander lande gebel en wou die uitslag beïnvloed. Ek het nog nooit iets soos dit gesien nie, maar dit is soos alles met die koronavirus – situasies ontstaan wat niemand kon voorspel nie,” sê Emil Schalin-Eriksson, ’n Naeshulta-speler.

Ek het nog nooit iets soos dit gesien nie, maar dit is soos alles met die koronavirus – situasies ontstaan wat niemand kon voorspel nie.
Emil Schalin-Eriksson

Naeshulta, die gasheer van die wedstryd, het by Svenska Spel, Swede se staatsbeheerde dobbelmaatskappy, om raad gaan aanklop. 148 beroepswedders het in dié laeliga-wedstryd belang gestel en reuse-bedrae was ter sprake.

Die twee klubs het toe gereël om die wedstryd die volgende Saterdag te speel.

Geen inligting is aanlyn oor die wedstryd bekend gemaak nie en om te verhoed dat die wedders daarvan uitvind, is die spelers in ’n private Facebook-groep van die reëlings ingelig.

Eskilstuna het voor ’n handvol ondersteuners met 6-3 gewen.

Met sulke ongekende wêreldwye belangstelling kan die twee klubs hul vriendskaplike wedstryd dalk ’n gereelder instelling maak. – Reuters

Meer oor:  Swede  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.