Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Thembi-hulle moet help met plan teen China

Thembi Kgatlana en Linda Motlhalo se kennis van China se spelers kan waardevol vir Bayana Banyana in hul tweede groepwedstryd in die Wêreldbeker-vrouesokkertoernooi Donderdag in Parys wees.

Die middelveldspeler Linda Motlhalo in aksie in Suid-Afrika se eerste WB-wedstryd teen Spanje.Foto: Getty Images

Suid-Afrika moet die wedstryd wen om in die wedloop vir die uitklopfase te bly. Die twee voorste spanne van elke groep en die vier beste derde geplaaste spanne speel in die uitklopfase.

Kgatlana-hulle speel in die Chinese Superliga vir Beijing Phoenix, wat ook vier spelers in China se WB-groep het.

Die Chinese sal uiteraard ook vertroud met die vermoë van die twee Suid-Afrikaners wees.

Veral die doelskieter Kgatlana sal goed dopgehou word ná haar goeie vertoning in die eerste wedstryd teen Spanje, waarin sy Suid-Afrika die voorsprong in die eerste helfte gegee het.

Voorts is die Parc des Princes ook bekend aan die Chinese se Wang Shuang, wat haar klubsokker daar vir Paris Saint-Germain speel.

Die Steel Roses, soos China bekend staan, is in dieselfde bootjie as Suid-Afrika.

Die finalis in 1999 het met 0-1 in sy eerste wedstryd teen Duitsland verloor.

China moes soos Suid-Afrika ook met enkele doelpogings in sy eerste wedstryd tevrede wees. Slegs een daarvan was op koers.

Suid-Afrika sê kaptein, Janine van Wyk, het vandeesweek in aanloop tot hulle reg-of-weg-wedstryd gewaarsku dat China nou daarop uit sal wees om die saak reg te stel.

“Hulle gaan meer oorgehaal wees na hulle teen Duitsland verloor het.

“China het deur met net een doel teen die gedugte Duitsers (hulle was vierde in 2015) te verloor, gewys hy is met mening hier.

“Hy is ’n span van gehalte, ’n span wat vir 90 minute kan hardloop. Ons sal versigtig moet wees hoe ons verdedig,” het die kaptein gesê

Die afrigter, Desiree Ellis, het vroeër die week gesê Nothando Vilakazi se afwesigheid is ’n groot terugslag vir die span. Die verdediger moet ’n skorsing uitdien na haar rooikaart teen Spanje.

  • Banyana Banyana pak Duitsland, finalis van die vorige WB-toernooi, op 17 Junie in hulle laaste groepwedstryd.

Afskop: 20:45 op SS 3.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.