Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Tiener jaar ná chemo vir Man United gekies
Max Taylor nadat hy sy terugkeer tot sokker vir Manchester United se o.23-span gemaak het. Foto: Getty Images

Manchester United het die jong verdediger Max Taylor in sy groep ingesluit vir Donderdag se Europliga-wedstryd teen Astana (Kazachstan) presies ’n jaar nadat hy chemoterapie vir testikulêre kanker ondergaan het.

Dié 19-jarige het verlede maand sy terugkeer na die speelveld vir United se o.23-span gemaak en kan nou sy debuut vir dié roemryke sokkerklub se senior span maak.

Taylor sê op Manchester United se webwerf hy was verlede jaar dié tyd in die eerste paar weke van sy chemoterapie en dat hy toe nooit gedink het dat hy ’n jaar later saam met die klub se senior span sou reis nie.

“Dit maak nie saak waar of teen wie ons speel nie. Dit gaan eenvoudig yslik wees om my debuut vir die klub te maak. Vandat ek ’n sokkerbal begin skop het, het ek daarvan gedroom om United se eerste span te haal,” sê Taylor. 

– Reuters

Meer oor:  Manchester United  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.