Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Titel Reds s’n, maak nie saak wat gebeur
Jurgen KloppFoto: Getty Images

Aleksander Ceferin, Uefa-president, sê Liverpool sal met die Premierliga-sokkertitel wegstap selfs al word die plaaslike seisoen nie hervat nie.

Die Premierliga het Vrydag aangekondig dit lyk nie of daar aan die begin van Mei spel gaan wees nie weens die Covid-19-pandemie en hy kon ook nie sê wanneer nie.

Maandag was daar ’n verslag wat lui dat die Premierliga ’n tentatiewe ooreenkoms met die regering bereik het wat kan meebring dat die seisoen in Junie agter geslote deure voortgesit kan word.

Liverpool is gerieflik met 25 punte voor die verdedigende kampioen Manchester City. Hy moet nog nege wedstryde speel, maar kort net ses punte om die titel vir die eerste keer in 30 jaar te beklink.

Ceferin meen Jurgen Klopp se troepe sal ongeag wat met die huidige veldtog gebeur as die kampioene gekroon word.

“Ek kan nie ’n manier sien hoe Liverpool sonder die titel gelaat kan word nie,” het Ceferin aan EkipaSN van Slowenië gesê.

Ek kan nie ’n manier sien hoe Liverpool sonder die titel gelaat kan word nie.
Aleksander Seferin

“As die Premierliga hervat, is Liverpool bykans seker van die titel. Dis teoreties nog nie alles verby nie, maar Liverpool staan prakties op die randjie daarvan (om die titel te wen).

“As daar dalk nie weer spel gaan wees nie moet ons steeds ’n manier vind om die finale uitslae te bepaal en die kampioen te verklaar.

“Ek kan nie sien of my ’n scenario voorstel waarin Liverpool nie die kampioen is nie.”

“Ek verstaan die ondersteuners sal teleurgesteld wees as dit in ’n leë stadion gebeur of selfs in die liga se kantore, maar ek glo hulle sal op een of ander manier met die titel wegstap.” – Reuters

Meer oor:  Jurgen Klopp  |  Liverpool  |  Uefa  |  Reds  |  Koronavirus  |  Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.