Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Toeskouer (13) vir rassisme ondersoek

’n 13-jarige Burnley-aanhanger wat Saterdag uit die Tottenham Hotspur-stadion gegooi is vir ’n beweerde rassistiese gebaar teenoor die Spurs-doelskieter Son Heung-Min, word deur die polisie ondersoek.

Spurs se Son Heung-Min vier Saterdag sy doel teen Burnley. Foto: Getty Images

Toesighouers by die stadion het opgemerk hoe die ondersteuner, wat deur ’n voog vergesel was, die beweerde gebaar maak in Burnley se Engelse Premierliga-nederlaag met 0-5. Die klub het bevestig die tiener word deur die plaaslike polisie ondersoek.

Son, ’n Suid-Koreaan wat verlede week as Asië se Internasionale Speler van die Jaar aangewys is, het in die eerste helfte ’n uitstekende individuele doel aangeteken.

“Burnley-sokkerklub sal die tiener en sy gesin kontak. Ons plan is om ’n gepaste opvoedkundige program op hom af te dwing, wat uitgevoer sal word in oorleg met Kick It Out en Burnley FC in die gemeenskap,” sê die klub in ’n verklaring.

Kick It Out is in 1993 gestig om kwessies soos rassisme en diskriminasie in Engelse sokker te hanteer.

“Burnley-sokkerklub herhaal sy beleid dat hy geen vorm van diskriminasie duld nie. Ons sal voortgaan in ons samewerking met die owerhede om te help om die groeiende probleem van diskriminasie in sokker te beveg.”

Twee toeskouers is Sondag by Brighton & Hove Albion se Amex-stadion uitgegooi, in hegtenis geneem en later vrygelaat deur die Sussex-polisie vir homofobiese uitlatings in die gelykopuitslag met 2 elk teen Wolverhampton Wanderers.

– Reuters

Meer oor:  Son Heung-Min  |  Rassisme  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.