Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Hoop vir toeskouers by Engelse sokker

Daar is hoop dat toeskouers volgende seisoen geleidelik by sokkerwedstryde toegelaat sal word, sê Richard Masters, die uitvoerende hoof van die Engelse Premierliga.

Richard Masters. Foto: Getty Images

Wanneer die huidige liga-veldtog op 17 Junie voorgesit word, sal daar as voorsorgmaatreëls teen die verspreiding van die koronavirus geen toeskouers by wedstryde wees nie.

“Niemand weet wanneer wedstryde nie meer agter geslote deure gespeel sal word nie, maar dis goed dat daar planne in plek is. Ek is hoopvol dat toeskouers volgende seisoen geleidelik weer in stadions toegelaat sal word,” het Masters aan Sky Sports News gesê.

“Dit sal hopelik ’n groot inspuiting vir die moraal wees en dit is waarnatoe ons werk. Ons almal weet die Premierliga wat ons ken en liefhet, sal nie ten volle terug wees tot die ondersteuners ook terug is nie.”

Altesaam 92 wedstryde in die huidige seisoen moet nog gespeel word. – Reuters

Meer oor:  Covid-19  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.