Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Trane, woede by gewilde Duitse sokkerklub

Die Duitse sokkerspan Schalke 04 gaan vir die eerste keer in 33 jaar uit dié land se Bundesliga gerelegeer word nadat hy Dinsdagaand met 0-1 teen Arminia Bielefeld verloor het.

Met slegs vier ligawedstryde oor kan Schalke nie meer genoeg punte insamel om die valbyl vry te spring nie.

’n Mismoedige Benjamin Stambouli nadat Schalke 04 se doppie Dinsdagaand in die Duitse Bundesliga geklink is. Foto: Getty Images

Toe die eindfluitjie in die stryd teen Arminia Bielefeld blaas, het party spelers begin huil, ander gevloek, terwyl ’n paar geskok voor hulle uitgestaar het.

Schalke, wat in 1988 laas sy plek in die Bundesliga verloor het, beleef ’n nagmerrieseisoen en het reeds 76 doele afgestaan – meer as enige ander span sedert die 2000-seisoen.

Dié span, wat die afgelope seisoen reeds vyf afrigters gehad het, het op ’n kol in 30 wedstryde agtereenvolgens nie ’n oorwinning behaal nie. Dit was die tweede langste wendroogte in die geskiedenis van die Bundesliga.

Schalke, wat ook as die Royal Blues bekend staan, is een van die spanne wat die beste in Duitsland ondersteun word en het voor die Covid-19-pandemie gemiddeld meer as 60 000 toeskouers per wedstryd na sy tuiskragmetings gelok.

Onthutste Schalke-ondersteuners het ná die nederlaag egter vinnig teen hul span gedraai en van die spelers is met eiers bestook. Die polisie moes tussenbeide tree om die spelers te beskerm. – Reuters

Meer oor:  Schalke 04  |  Arminia Bielefeld  |  Bundesliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.