Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Transgender blaser maak buiging as vrou
Sapir Berman Maandagaand in aksie in die kragmeting tussen Hapoel Haifa en Beitar Jerusalem. Foto: AP

Die sokkerskeidsregter Sapir Berman het Maandag sportgeskiedenis gemaak deur haar eerste Israeliese Premierliga-wedstryd te behartig sedert sy in die openbaar bekend gemaak het sy is transgender.

“Hierdie is die eerste stap in ’n lang en wonderlike reis. Sapir, ons is trots om dit saam met jou te onderneem,” het die Israeliese Sokkervereniging (IFA) op Twitter gesê toe Berman op die veld draf vir die kragmeting tussen Hapoel Haifa en Beitar Jerusalem.

• Lees ook: Skeidsregter erken sy is transgender

Berman (26), voorheen bekend as Sagi, het verlede week by die hoofkantoor van die IFA aan joernaliste gesê sy identifiseer nou as ’n vrou en beplan om binnekort ’n operasie vir ’n geslagsverandering te ondergaan.

Sy het erken sy het haar geslagsidentiteit jare lank geheim gehou uit vrees dat die samelewing haar nie sou aanvaar nie.

Sapir Berman sê die reaksie van spelers en ondersteuners was sover baie positief. Foto: AP

“Ek het uiteindelik besluit om uit te kom, om die wêreld te wys wie ek werklik is. Ek doen dit eerstens vir myself, vir my eie welstand, maar ook vir my geliefdes, sodat hulle my nie hoef te sien ly nie,” het sy gesê.

Volgens Berman was die reaksie van spelers en sokkerondersteuners sover “oorweldigend positief” en dat sommiges reeds die Hebreeuse vroulike vorme van woorde gebruik wanneer hulle haar aanspreek.

Israel is ’n uiters progressiewe land wat LGBTQ-regte betref, met gay en transgender mense wat byvoorbeeld openlik in dié land se weermag en Knesset (parlement) mag dien.

’n Ondersteuner het buite die Sammy Ofer-stadion in die noordelike stad Haifa, waar Maandag se wedstryd beslis is, ’n banier gedra wat Berman as ’n “super-vrou, ongelooflik, dapper” beskryf het.

Berman is nie die eerste transgender skeidsregter in die sokkerwêreld nie. ’n Britse blaser, Lucy Clark, het in 2018 in die openbaar bekend gemaak sy is transgender.

– Reuters

Meer oor:  Sagi Berman  |  Lgbtiq+  |  Sapir Berman  |  Lgbt  |  Israel  |  Transgender  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.