Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
UJ het ‘een voet in halfeindstryd’

Mandla Zwane, afrigter van die Universiteit van Johannesburg (UJ) se sokkerspan, sê hy is tevrede met die span se vordering in die Varsity-sokkertoernooi.

Zwane sê egter harde werk lê nog vir die span voor.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) se O’Neil Hendricks (regs) en Rorisang Rapelang van die TUT mik albei vir die bal gedurende ’n wedstryd op UJ se Soweto-kampus. Foto: Denvor de Wee/Visual Buzz SA

Ná ses rondes is die onoorwonne UJ-span boaan die punteleer met 14 punte.

Die ereposisie volg nadat hulle en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verlede Donderdag gelykop gespeel het.

Die span het die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) die vorige week geklop.

Die vier oorwinnings en twee gelykopstryde is vir UJ ’n pluimpie.

“Ons het een voet in die halfeindstryd,” sê Zwane.

“Die oorwinning teen Tshwane was ’n groot hupstoot. Die spelers het baie goed gevaar en ons kan nou ’n bietjie asemhaal.

“Tog weet ons die toernooi is nog nie verby nie.

“Daar is spanne agter ons wat hard baklei om die halfeindstryd te haal.”

Zwane het voorspel die wedstryd teen die UWK gaan nie maklik wees nie.

“Hulle is moeilik om te hanteer en dit gaan nie maklik wees om soontoe te gaan en punte te behaal nie,” het hy voor dié wedstryd gesê.

UJ speel môre in die kwarteindronde teen die Noordwes-Universiteit.

Dié wedstryd sal bepaal watter span na die halfeindstryd deurdring.

Die Universiteit van die Witwatersrand, Universiteit van Pretoria, TUT, UWK, Universiteit van KwaZulu-Natal en Universiteit van Limpopo speel ook almal in die kwarteindrondes.

Meer oor:  Uj  |  Sokkerspan  |  Halfeindstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.