Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
United en Chelsea versuur City se naweek
Harry Maguire van Manchester United (regs) en Aston Villa se Ollie Watkins baklei om besit in Sondag se kragmeting in die Engelse Premierlga. Foto: AP

Manchester City se sokkerspan sal ’n rukkie langer moet wag om dié seisoen as die Engelse Premierliga se kampioen gekroon te word nadat hy Saterdag met 2-1 deur Chelsea geklop is en Manchester United Sondag in Birmingham vir Aston Villa met 3-1 pak gegee het.

Man United, Man City se naaste teenstander, se oorwinning laat hom met 70 ligapunte in 34 wedstryde, 10 punte agter Man City.

As Man United verloor het, sou Man City reeds Sondag die kampioen gewees het.

Bertrand Traore het Villa in die 24ste minuut laat voorloop, maar doele deur Bruno Fernandes, Mason Greenwood en Edinson Cavani het die knoop vir die Rooi Duiwels deurgehak.

Chelsea se sege oor Man City het die Blues tot derde op punteleer (64 punte) laat opskuif, slegs een punt voor Leicester City (63), wat Vrydagaand met 4-2 deur Newcastle United geskok is.

Liverpool, wat ’n oorwinning van 2-0 oor Southampton behaal het, is sesde met 57 punte, een punt voor Tottenham Hotspur, wat met 1-3 teen Leeds United verloor het. – Reuters

Meer oor:  Edinson Cavani  |  Bruno Fernandes  |  Mason Greenwood  |  Engeland  |  Sokker  |  Man City  |  Premierliga  |  Chelsea  |  Kampioen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.