Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
United moet fortuin vir Sancho betaal

Die alternatiewe heelal waarin Europese sokker bedryf word, word nogmaals geïllustreer deur die fortuin wat Manchester United sal moet opdok indien hulle vir Jadon Sancho by die Duitse klub Borussia Dortmund wil wegrokkel.

Jadon Sancho in aksie vir Borussia Dortmund. Foto: Getty Images

In die verlede het die astronomiese prys van €108 miljoen die Rooi Duiwels afgeskrik, maar die mark het weens Covid-19 verander en Dortmund het ’n effense toegewing gemaak – hy sal sy 21-jarige Engelse ster nou vir €100 miljoen verkoop, berig ESPN.

Daar’s ook nou ’n jaar minder oor op Sancho se huidige kontrak. Spelers mag sonder ’n oordragsom skuif indien hul kontrakte verstryk.

Verlede seisoen het United volgens berigte ’n aanbod van €95 miljoen gemaak. Dit is dus binne hul bereik om €100 miljoen te betaal.

ESPN se berig maak nie melding van moontlike kwalifisering vir die Europese Kampioeneliga nie. Sou Dortmund daarvoor kwalifiseer, kan Sancho dalk nog by die Duitse span aanbly.

Sancho, ’n vleuel, het in 133 wedstryde vir Dortmund 46 doele aangeteken en 62 help skep. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Borussia Dortmund  |  Jadon Sancho  |  Manchester United  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.