Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
United wil Ronaldo glo teruglok

Manchester United wil glo die superster Cristiano Ronaldo na Old Trafford teruglok.

Cristiano Ronaldo in aksie vir Juventus. Foto: Getty Images

Calciomercato berig dat United ’n aanbod kan maak aan Ronaldo se Italiaanse klub, Juventus, indien die Engelse span vir die Europese Kampioeneliga kwalifiseer deur onder die voorste vier spanne in die Premierliga te eindig.

Ronaldo (36) het ná Juventus se oorwinning met 3-1 oor Genoa Sondag sy trui op die grond gesmyt – kwansuis omdat hy kwaad was oor sy spanmaats se “gebrek aan ondersteuning” aan hom.

Volgens Andrea Pirlo, hoofafrigter van Juventus, was Ronaldo se trui ’n geskenk aan ’n baljoggie. Calciomercato berig egter daar is groter kwessies ter sprake.

Volgens die berig sal Juventus nie vir Ronaldo vra om die klub te verlaat nie, maar ook nie in sy pad staan indien hy sou wou nie.

Ronaldo het van 2003 tot 2009 vir United gespeel. Hy het hom daarna by Real Madrid aangesluit en is nou in sy derde seisoen in Italië. – TeamTalk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.