Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Van Basten vra om verskoning vir Nazi-groet
Marco van BastenFoto: Getty Images

Die voormalige Nederlandse sokkerlegende Marco van Basten het Saterdag om verskoning gevra oor hy ’n Nazi-groet gebruik het om in ’n onderhoud met ’n Nederlandse joernalis te spot.

Van Basten (55), wat as een van die sport se beste doelskieters van alle tye beskou word, het die kommentaar op Fox Sports gemaak in ’n onderhoud voor die wedstryd tussen Ajax en Heracles.

Sy woorde is ná die onderhoud in die ateljee gehoor, oomblikke ná die TV-aanbieder Hans Kraay se onderhoud in Duits met Heracles se Duitse afrigter, Frank Wormuth.

“Not too pretty, sieg heil, pfannkuchen (pannekoek),” het Van Basten gesê, berig AFP.

“Sieg heil”, die Nazi-manier van groet gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het ’n storm op Twitter ontketen en in die wedstryd se rustyd het die voormalige Ajax- en AC Milan-doelskieter om verskoning gevra vir wat hy as ’n “onvanpaste grap” beskryf het.

“Dit was nie my bedoeling om mense kwaad te maak nie. Ek wou net Hans se ‘Duits’ beskryf,” het ’n verslae Van Basten gesê.

Dit was nie my bedoeling om mense kwaad te maak nie. Ek wou net Hans se ‘Duits’ beskryf.
Marco van Basten

Maar baie mense was woedend oor Van Basten se “onvanpaste” kommentaar, nie net oor wat hy gesê het nie, maar ook oor die tydsberekening daarvan.

Sokkerklubs in Nederland is juis besig om stappe te doen om rassisme te bekamp ná ’n voorval verlede naweek toe rassistiese dreunsang deur toeskouers daartoe gelei het dat ’n wedstryd in die tweede liga stopgesit is.

Die skeidsregter het Sondag se wedstryd tussen Excelsior Rotterdam en Den Bosch vir ’n ruk gestop en Excelsior se vleuel Ahmad Mendes Moreira het die veld verlaat.

Moreira het gesê hy het aapgeluide en liedjies gehoor oor Zwarte Piet, ’n tradisionele Nederlandse Kerskarakter wat met ’n swart gesig uitgebeeld word.

Dit lei gereeld tot klagtes oor rassistiese stereotipering, berig die Nederlandse media. – Sportredaksie

Meer oor:  Nederland  |  Twitter  |  Rassisme  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.