Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Virus stuit sokkerwedstryd in Brasilië
Chapecoense in ’n vorige wedstryd teen Palmeirus in aksie. Foto: Getty Images

Minder as ’n uur voordat een van die grootste sokker-derbies in die suide van Brasilië gespeel sou word, het die owerhede die wedstryd gekanselleer omdat 14 spelers in een van die spanne die koronavirus onder lede het.

Die Santa Catarina-staatskampioenskapsreeks is op 8 Julie met vier wedstryde hervat. In een van daardie wedstryde het Chapecoense tuis met 2-0 teen Avai gewen.

Die twee spanne sou mekaar weer Sondag op Avai se tuisveld pak.

“Een van die spanne het 14 bevestigde gevalle van doe virus en dit is vir al die spelers noodsaaklik om die nodige beskermende maatreëls te volg,” lui ’n verklaring wat die sekretariaat uitgereik het.

Daar word nie gesê by watter klub die spelers die positief getoets het nie, maar volgens globesporte.com was dit Chapecoense. Dié klub wou nie kommentaar lewer nie.

In Santa Catarina is daar 42 026 bevestigde gevalle van die koronavirus, terwyl 485 mense reeds dood is.

In die hele land is 71 469 mense al dood aan die virussiekte. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Brasilië  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.