Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Berbatov sê Liverpool verdien titel

Dimitar Berbatov, voormalige doelskieter vir Manchester United, glo Liverpool verdien om as die kampioene van die Premierliga gekroon te word te midde van die Covid-19-pandemie.

Dimitar Berbatov glo Liverpool verdien om as die kampioene van die Premierliga gekroon te word.Foto: Getty Images

Die liga is gestop weens vrese vir die verspreiding van die siekte wat ’n magdom ander sportbyeenkomste ook gekelder het, met nog geen duidelikheid oor of dit vanjaar sal voortgaan nie.

Die span van Anfield, wat ’n stewige 25 punte voor die verdedigende kampioen Manchester City op die punteleer is, het nog nege wedstryde oor op hul bepalingslys, maar kort net ses punte om daarvan verseker te wees dat hulle die trofee omhoog kan hou.

Dit sal hulle eerste titel in 30 jaar wees.

“Mense stel nou voor dat die titel aan Liverpool moet gaan, en eerlikwaar, hulle verdien dit met die wyse waarop hulle gespeel het en niemand was op pad om hulle te jaag nie,” het Berbatov aan Betfair gesê.

Berbatov, wat 56 doele in vier seisoene vir United aangeteken het, reken dat geen ander span die titel meer verdien vanjaar as Liverpool nie.

Daar is baie bespiegeling oor ’n verkorte seisoen of dat vanjaar se Premierliga net heeltemal geskrap moet word, maar organiseerders sê dat die doelwit steeds is om die oorblywende liga- en bekerwedstryde te voltooi.

“Enige terugkeer na die spel sal net gebeur met die volle goedkeuring van die regering en wanneer medici dit toelaat,” het die organiseerders in ’n verklaring gesê.

Berbatov, wat Bulgarye op internasionale vlak verteenwoordig het en ook wedstryde vir Tottenham Hotspur en Fulham op sy kerfstok het, sê hy weet nie watter besluit die regte een sal wees nie.

“Wat ook al besluit word, dit gaan nie ’n gewilde besluit wees nie.”

Hy het in 2010 die eerste speler van United geword in 64 jaar wat daarin kon slaag om ’n driekuns teen Liverpool aan te teken in ’n rillerstryd by Old Trafford, wat die span van Manchester met 3-2 beklink het. – Reuters

Meer oor:  Dimitar Berbatov  |  Liverpool  |  Premierliga  |  Covid-19  |  Manchester United
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.