Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Vroue-blaser as ‘inspirasie’ geloof
Stephanie Frappart het Woensdagaand geskiedenis gemaak. Foto: Getty Images

Die Franse skeidsregter Stephanie Frappart word beskryf as iemand wat grense verskuif nadat sy vandeesweek die eerste vrou geword het om ’n Kampioeneligawedstryd te behartig in Juventus se oorwinning met 3-0 teen Dynamo Kiev.

“Dit was omtrent tyd gewees,” sê die Manchester City-middelveldspeler Ilkay Gundogan op Twitter. “Wonderlike prestasie en inspirasie vir ander. Hopelik word hierdie binnekort ’n gereelde verskynsel.”

Die 36-jarige Frappart was die eerste vroueskeidsregter in Frankryk se Ligue 1 en was in beheer van Liverpool se Europese Superliga-oorwinning teen Chelsea verlede jaar.

Sy was ook die skeidsregter in vanjaar se Europa League-wedstryde tussen Leicester en Zorya Lugansk, asook Granada en Omonoia.

“Dit is wonderlik. Ek is werklik in my skik dat sy hierdie eer gegun is. Sy behoort beslis daar,” sê Bibiana Steinhaus, Duitsland se eerste vroue-beroepskeidsregter.

“Frappart perfek,” skryf die Franse publikasie L’Equipe. “Sy was altyd naby aan die aksie en het baie min ingemeng.”

Die Italiaanse publikasie La Repubblica het Frappart se vertoning as “foutloos” beskryf.

“Sy het die wedstryd onder beheer gehou met ’n kalm outoriteit.”

Frappart is ook gelukgewens deur die Franse Ministerie vir Europa en Buitelandse Sake.

Stuff

Meer oor:  Kampioeneliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.