Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
VSA-sokkerster Alex Morgan swanger
Alex Morgan by die Fifa Best-toekenningsgeleentheid in September vanjaar. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse sokkerster Alex Morgan het aangekondig dat sy ’n babadogter in April verwag.

BBCSport berig Morgan, ’n sleutelspeler in die seëvierende Amerikaanse span in die Wêreldbekertoernooi in 2015 en 2019, het die nuus in ’n verklaring aan die tydskrif People bekend gemaak.

“Ons is so verheug om ons gesin uit te brei,” sê Morgan. “Sy is die beste Wêreldbeker-geskenk waarvoor ek kon vra.”

Die 30-jarige Orlando Pride-doelskieter is met die MLS-sokkerspeler Servando Carrasco getroud.

Morgan het later ’n foto op Twitter gedeel van haar en Carrasco op ’n strand met ’n bordjie waarop staan: “Babadogtertjie April 2020”.

“Ons is reeds lief vir haar en het haar nog nie eens ontmoet nie,” was haar kommentaar daarby.

Morgan deel egter nie enige besonderhede oor haar loopbaanplanne nie. Sy het onlangs wel gesê sy beoog om tot die einde van die Wêreldbekertoernooi in 2023 vir die VSA te speel.

Haar eersteling se geboorte sal net drie maande wees voor die begin van die Amerikaanse span se veldtog in Julie om die Olimpiese titel in Tokio by Duitsland terug te neem.

– Sportredaksie

Meer oor:  Alex Morgan  |  Vrouesport  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.