Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Spanje en Portugal op geleende tyd
Wallis se Ethan Ampadu kon die trane nie keer nie toe hy Sondag in Rome in die Euro2020-toernooi teen Italië met ’n rooikaart van die veld gestuur is. Foto: Getty Images

Wallis se sokkerspan het Sondagaand in Rome naelskraap tot die uitspeelrondes van die Euro2020-toernooi deurgeskraap, hoewel hy sy kragmeting met Italië met 0-1 verloor het.

Boonop het Wallis met slegs 10 spelers geëindig nadat die 20-jarige Ethan Ampadu die jongste speler geword het wat ’n rooikaart in dié toernooi ontvang het.

Italië, wat nou in 30 wedstryde onoorwonne is, het op nege punte eerste in Groep A geëindig, gevolg deur Wallis en Switserland (albei 4) en Turkye (0).

Die Switsers het Turkye Sondagaand in Baku met 3-1 verslaan, maar hul doeleverskil is swakker as dié van Wallis en dit het hul doppie geklink.

• Intussen is Spanje, wat onlangs nog een van die bielies in wêreldsokker was, onder groot druk om vir die uitkloprondes te kwalifiseer.

Spanje het Saterdagaand met 1-1 teen Pole gelykop gespeel nadat die Spanjaarde se eerste wedstryd in Groep E teen Swede ook gelykop geëindig het.

Dit beteken dat Spanje sy laaste kragmeting in die groepronde teen Slowayke móét wen om deur te dring.

Dit beteken dat Spanje sy laaste kragmeting in die groepronde teen Slowayke móét wen om deur te dring.

• Portugal is onder ewe groot druk in Groep F nadat Duitsland die Portugese met 4-2 getroef het.

Portugal speel Woensdag teen Frankryk, wie se kragmeting met Hongarye met 1-1 gelykop geëindig het.

Die Franse is reeds deur, maar Portugal kan sy tasse pak as hy verloor.

Hongarye speel teen Duitsland en ’n oorwinning sal hom ook laat deurdring, terwyl die Duitsers byna verseker is om ook in die uitspeelrondes te speel. – Reuters

Meer oor:  Wallis  |  Spanje  |  Portugal  |  Euro2020-Toernooi  |  Rooikaart  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.