SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sokker
Watford trap Spurs se tjank af

Watford, die verrassingspakkie in dié seisoen se Engelse Premierliga, het Sondag op Vicarage Road nog ’n kop laat rol toe hy Tottenham Hotspur met 2-1 geklop het.

Craig Cathcart (links) van Watford vier sy span se tweede doel saam met Troy Deeney nadat Watford Tottenham Hotspur met 2-1 geklop het. Foto: Getty Images

Watford is nou saam met Liverpool, wat Leicester City Saterdag met 2-1 geklop het en Chelsea, wat Bournemouth met 2-0 verslaan het, die vroeë voorlopers en die enigste spanne in die liga wat sover al hul wedstryde gewen het.

Spurs het eerste bloed geruik ná ’n eie doel deur Watford se Abdoulaye Doucoure, maar Watford het geseëvier ná doele deur Troy Deeney en Craig Cathcart.

“Ons was só ontspanne in die eerste helfte en het baie foute begaan. As jy ’n aanspraakmaker wil wees, kan jy nie sulke doele afstaan nie. Dis duidelik. Wanneer jy verloor, moet jy daaruit leer en daarop verbeter,” het Mauricio Pochettino, Spurs se afrigter, gesê.

“Ons is in ’n goeie plek en het vier wedstryde gewen, maar dis nog net vier wedstryde. Ons dink nou aan ons volgende wedstryd (teen Manchester United),” het Javi Gracia, Watford se afrigter, gesê.

United, wat verlede week deur Spurs afgeransel is, is terug op die wenpad nadat die Rooi Duiwels Burnley met 2-0 getroef het.

“Die drie punte is belangrik, die gehalte van ons vertoning en die tevredenheid in die span – die wyse waarop Old Trafford gereageer het ná die slae teen Spurs, is belangrik,” het Mourinho gesê.

* In Sondag se derde wedstryd het Arsenal Cardiff City met 3-2 geklop. – bbcsport.com en skysports.com

.

Meer oor:  Spurs  |  Premierliga  |  Engeland  |  Watford
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.