Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Wenger glo Özil sal gedy in Turkye

Die Duitse sokkerster Mesut Özil sal gedy in ’n omgewing waar hy na waarde geskat en verwelkom word.

So het Arséne Wenger, die voormalige Arsenal-afrigter, gesê oor Özil se skuif van die Gunners na die Turkse klub Fenerbache.

Özil (32) het hom in 2013 by Arsenal aangesluit en dié Engelse Premierliga-klub gehelp om drie keer die FA Cup te wen.

Mesut Özil het sedert Maart 2020 nie verder as die oefenveld vir Arsenal gevorder nie en het nou dié klub verlaat. Foto: Getty Images

Hy het egter in onguns verval by Mikel Arteta, Arsenal se huidige afrigter, en het in Maart 2020 laas vir dié Noord-Londense klub gespeel.

Özil het Sondag na sy nuwe sokkertuiste in Turkye vertrek en Wenger glo dit sal net die regte doepa wees om sy loopbaan weer op koers te kry.

“Ek is seker dat hy gefrustreerd is omdat hy geen speelkans gegun is nie. Hy moet geweldig honger wees om weer te speel,” het Wenger aan beIN SPORTS gesê.

“Mesut is ’n speler wat ’n omgewing nodig het om in te gedy en ek glo hy sal dit in Turkye meer as enige ander plek kry.

“Hy’s die tipe speler wat aan doelskieters die besit kan bied waarmee hulle wedstryde kan wen. As sy basiese fiksheid goed is, sal hy op kort termyn reeds ’n impak by Fenerbache kan maak,” glo Wenger. – Reuters

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.