Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Wenger se kop staan terug sokker toe

Arsène Wenger, voormalige afrigter van Arsenal, wil terugkeer na sokker, maar hy is nie seker of hy weer ’n afrigtingspos moet aanvaar nie.

Arsène Wenger sê die sokkerwêreld roep hom. Foto: Getty Images

Dié 69-jarige Fransman het die Gunners aan die einde van die 2017-’18-seisoen verlaat.

Dít nadat die span onder sy afrigting drie Premierliga-titels gewen en ’n rekord sewe keer die FA Cup verower het.

Sedert hy weg is by Arsenal, het hy homself besig gehou as spreker en as spel-ontleder op televisie, maar sê hy het aanbiedinge ontvang om weer ’n breier te wees.

“Jy sal my weer in sokker sien. As ’n afrigter . . . ek weet nie. Ek het gedink ek sal vinnig weer terugkeer na afrigting, maar ek geniet dit om nie so betrokke te wees nie. Ek is egter nou by ’n kruispad.

“Sokker is steeds my passie. Ek sal binnekort terugkeer, maar ek weet nie presies in watter hoedanigheid nie,” sê Wenger. – Reuters

Meer oor:  Arsenal  |  Arsene Wenger  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.