Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
WB-wenners maak verlowing bekend

Twee lede van die VSA se seëvierende Wêreldbeker-vrouesokkerspan van 2015, wat nog nie eens in die openbaar erken het dat hulle ’n paartjie is nie, het nou hul verlowing aangekondig.

Ali Krieger (links) en Ashlyn Harris het mekaar ontmoet terwyl hulle sokker vir die VSA se nasionale vrouespan gespeel het. Foto: Getty Images

Orlando Pride se Ali Krieger en Ashlyn Harris het bykans ’n dekade gelede begin uitgaan nadat hulle mekaar in die nasionale span ontmoet het.

“Ons het altyd op die bus en op vlugte langs mekaar gesit en die res is soort van maar geskiedenis,” sê Harris.

Die paartjie sê hulle het hul verhouding geheim gehou sodat hulle nie as afleiding vir hul spanmaats en franchise dien nie.

“Ons wou professioneel optree en seker maak ons daag elke dag op en doen ons werk, en nie net omdat ons ’n paartjie is nie, maar omdat ons lief is vir wat ons doen en goed is daarin,” sê Krieger.

“Nou is ons nege jaar later en ons gaan later vanjaar trou.”

Orlando Pride-aanhangers, wat lank reeds vermoed het dat die twee in ’n verhouding is, noem die paartjie “Krashlyn”.

Hulle gaan tot ná vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk wag voordat hulle die knoop gaan deurhak.

Krieger (34), ’n verdediger, het 98 keer vir die VSA uitgedraf en was by Fifa se Fifpro-wêreld-elftal in 2016 ingesluit.

Harris (33) is lank reeds die tweedekeuse-doelwagter ná Hope Solo en het 20 wedstryde vir haar land gespeel.

– Sportredaksie

Meer oor:  Vrouesport  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.