Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Wolves skok Manchester City in Premierliga

Die vreugdevure het Sondag in Liverpool baie hoog gebrand.

Vreugde! Adama Traoré (links) word deur spanmaats gelukgewens nadat hy Sondag twee doele vir Wolverhampton Wanderers teen Manchester City in die Engelse Premierliga aangeteken het. Foto: Getty Images

Nie net omdat Liverpool Saterdag in die doodsnikke van sy Engelse Premierligawedstryd teen Leicester City die wendoel aangeteken het vir ’n oorwinning van 2-1 oor die Foxes nie, maar ook oor die nuus dat Wolverhampton Wanderers Sondag ’n skokoorwinning van 2-0 oor Manchester City behaal het.

Adama Traore se tweekuns het verlede seisoen se kampioenspan gekelder. Dit beteken dat Man City (16 punte) nou agt punte agter Liverpool (24) ná net agt wedstryde op die puntelys is.

“Wanneer jy voor op die puntelys is, voel dit baie goed om daarna te kyk. Nou is dit glad nie lekker nie en niemand van ons wil daarna kyk nie. Dit is iets wat ons sal moet aanvaar en daarmee saamleef.

“Die uitdaging is om daaruit te leer,” het Manchester City se Ilkay Gundogan aan die BBC gesê.

Arsenal (15), wat ’n oorwinning van 1-0 oor Bournemouth behaal het ná ’n doel deur David Luiz in die negende minuut, is nou alleen derde, gevolg deur Leicester City en Chelsea (albei 14 punte).

Chelsea het gekook en Southampton met 4-1 verslaan ná doele deur Tammy Abraham (sy agtste van die seisoen), Mason Mount, N’Golo Kante en Michy Batshuayi.

“Ons moenie daarmee weggevoer raak nie,” het Chelsea se afrigter, Frank Lampard, gesê.

“Ons speel nog nie op ons beste nie. Ons teken doele aan. Dis gaaf, maar kan ons beter vaar? Ja!” – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Chelsea  |  Wolves  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.