Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
10 uit 10 vir Roger Federer in Basel

Dit is my stad! Dít het die Switserse tennismaestro Sondag weer eens bevestig toe hy sy tiende titel in die Switserse binnenshuise toernooi in Basel gewen het.

Roger Federer hou Sondag die beker omhoog terwyl die konfetti om hom reën ná sy oorwinning oor Alex de Minaur in die eindstryd van die Switserse binnenshuise toernooi in Basel, Switserland. Foto: Reuters

Die eerste gekeurde Roger Federer het net 68 minute nodig gehad om die Australiër Alex de Minaur oortuigend met 6-2, 6-2 te klop.

Die 38-jarige Switser het nou 103 enkelspeltitels in sy loopbaan gewen.

Dit is die tweede keer dat hy ’n toernooi tien keer wen. Hy het die prestasie ook in Junie vanjaar behaal toe hy in Halle, Duitsland, geseëvier het.

Sy oorwinning in Basel sal egter spesiaal wees, want dit is hier waar hy lank gelede as ’n baljoggie diens gedoen het.

Sy tiende sege is ’n rekord.

Dit is Federer se vierde titel van die jaar nadat hy ook in Dubai, Miami en Halle baas was.

Federer was Saterdag in sy halfeindstryd teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland ook vinnig aan die wenkant – met 6-4, 6-4.

“Dit was vinnig, maar baie lekker,” sê Federer oor die eindstryd.

“Ek dink ek het ’n puik wedstryd gespeel.

“Alex het ook ’n goeie toernooi gehad, ek glo ons kan albei tevrede wees.

“Wat ’n oomblik vir my om my tiende titel hier in my tuisstad te kan wen.”

In Wene, Oostenryk, moes die Oostenryker Dominic Thiem harder werk om sy tuistoernooi te wen.

Die eerste gekeurde het die Argentyn Diego Schwartzman, die vyfde gekeurde, met 3-6, 6-4, 6-3 geklop. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Alex De Minaur  |  Roger Federer  |  Basel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.