Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
16-jarige Japanner maak geskiedenis

Die 16-jarige Shintaro Mochizuki het Sondag die eerste Japanner geword wat ’n junior seunstitel in ’n Grand Slam-tennistoernooi wen.

Shintaro Mochizuki / Foto: Getty Images

Hy het die Spanjaard Carlos Gimeno Valero in die eindstryd met 6-3, 6-2 geklop.

Mochizuki het ’n aggressiewe handrughou wat hy met vrug ingespan het. Hy het 17 van sy 23 punte by die net behaal om die oorwinning in 61 minute te beklink.

Mochizuki het Japan se tweede Grand Slam- junior kampioen geword. Hy volg in die voetspore van Kazuko Sawamatsu, wat in 1969 die junior meisies se titels by Wimbledon en die Franse Ope gewen het.

Mochizuki het as driejarige begin tennis speel. Hy het later die fyner kunsies geleer by die afrigter Natsuo Yamanaka by ’n akademie in Bradenton, Florida, waar Japan se voorste speler, Kei Nishikori, ook geslyp is.

“Ek hou baie daarvan om na die net te kom. Ek is nogal goed daarmee,” sê Mochizuki van sy afslaan-en-vlughou-benadering.

“Ek oefen net baie en verbeter met elke wedstryd.”

Terwyl Nishikori en Naomi Osaka die laaste jare die landskap van Japanse tennis verander het, is Roger Federer Mochizuki se rolmodel.

“Ek is mal daaroor om hom (Federer) op TV dop te hou. Ek wil nie soos hy speel nie, maar ek geniet dit om sy wedstryde te kyk.”

Die 17-jarige Daria Snigur het Saterdag die tweede speler van Oekraïne geword wat die meisies se titel by Wimbledon wen.

Sy het die Amerikaner Alexa Noel met 6-4, 6-4 geklop.

– Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.