Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
2 Wimbledon-stryde word ondersoek
Die moontlikheid dat wedstrydknoeiery vanjaar by Wimbledon se Grand Slam-toernooi plaasgevind het, word tans ondersoek. Foto: Getty Images

Tennis se integriteitsagentskap (ITIA) sê hy ondersoek twee wedstryde by die pas afgelope Wimbledon-toernooi nadat wedagentskappe hul aandag gevestig het op “potensieel onreëlmatige wedpatrone”.

Volgens ’n woordvoerder van ITIA is die ondersoek vertroulik en mag daar nie meer besonderhede verskaf word nie.

Die woordvoerder het wel gesê dis nie ’n uitgemaakte saak dat wedstrydknoeiery plaasgevind het nie en dat ’n deeglike ondersoek gedoen sal word.

ITIA is in Januarie deur die spel se beheerliggame (ATP, WTA, ITF en die Grand Slam-raad) tot stand gebring en is ’n onafhanklike liggaam wat ten doel het om korrupsie en knoeiery in die spel hok te slaan.

Dit het voorheen as die Tennis-integriteitseenheid bekend gestaan. – Reuters

Meer oor:  Knoeiery  |  Wimbeldon  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.