Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
3de titel vir Sabalenka in China

Aryna Sabalenka van Belarus het Sondag ’n kragvertoning gelewer om die eerste gekeurde, Kiki Bertens, met 6-4, 6-2 in die eindstryd van die vroue se eindtoernooi te klop.

Sabalenka was in Zhuhai, China, met 6-4, 6-2 baas.

Aryna Sabalenka. Foto: Getty Images

Dit is die derde enkelspeltitel wat sy vanjaar in China wen.

Sabalenka het vroeër ook in Shenzhen en Wuhan geseëvier. Sy het min probleme ondervind teen Bertens en in 76 minute die oorhand gekry sonder om ’n stel te verloor.

Sy het drie keer op haar teenstander se afslaan deurgebreek.

Sy het 17 wenhoue geslaan terwyl Bertens 14 ongedwonge foute begaan het. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Aryna Sabalenka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.