Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Aanbieder vergelyk Serena met ape

Radu Banciu, ’n laataand-televisieaanbieder op die Roemeense nuuskanaal B1 TV, is deur die plaaslike diskriminasie-waghond (CNCD) van “ekstreme rassisme” beskuldig nadat hy Serena Williams met ape vergelyk het.

Die Amerikaner Serena Williams is ’n tennislegende wat 23 Grand Slam-titels gewen het. Foto: Getty Images

Die Romania Insider berig die CNCD het Banciu met RON8 000 (R27 500) beboet en bevestig dit is nie die eerste keer wat die aanbieder soortgelyke uitlatings maak nie.

“Serena Williams lyk soos daai ape met die rooi agterstewe in die dieretuin. As jy ’n broek oor daardie agterstewe sou trek, lyk hulle presies soos Serena Williams op die tennisbaan,” het Banciu gesê.

Die CNCD het die stelling veroordeel en sê dit is diskriminerend en oortree die Amerikaner se reg tot waardigheid.

“Slawerny was, onder andere, daarop gegrond dat swartmense met ape vergelyk is. Daarom verteenwordig sulke uitlatings ’n ekstreme vorm van rassisme,” sê die CNCD.

Die tennisster was al voorheen betrokke in ’n rasseherrie. Haar uitbarsting in die eindstryd van die Amerikaanse Ope in 2018 en die spotprent wat Australië se Herald Sun gebruik het om die voorval uit te beeld, het vir groot omstredenheid gesorg.

Dit skets ’n mannetjiesagtige Williams met dik lippe wat by die eindstryd in New York op en af op ’n gebreekte raket spring.

Kritici het aangevoer die spotprent het rassistiese en seksistiese stereotipes gebruik om Afro-Amerikaners uit te beeld.

Mark Knight, die kunstenaar wat verantwoordelik was vir die spotprent, het destyds gesê dit het niks met rassisme uit te waai nie en dat hy eerder die speler se “swak gedrag” wou uitlig.

Die Australian Press Council, die Aussiemedia se waghond, het later bevestig die spotprent was nie ’n oortreding van sy voorskrifte en reëls nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.