Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Aikôna vir twee spantoernooie, sê Nadal

Twee spantoernooie binne twee maande is verwarrend vir tennistoeskouers.

Só sê die Spanjaard Rafael Nadal, die wêreld se voorste manspeler. Hy stel voor tennisadministrateurs skep een “groot wêreld-spankompetisie”, pleks van die Davisbeker én die ATP-bekertoernooi.

Rafael Nadal was Sondagmiddag nie ’n gelukkige man nie nadat hy die onderspit moes delf teen Novak Djokovic.Foto: AP

Spanje is in November verlede jaar in Madrid as die Davisbeker-kampioen gekroon. Agtien spanne was in aksie in dié toernooi wat deur die Internasionale Tennisfederasie (ITF) gereël word. Altesame 24 spanne het die afgelope week aan die ATP-bekertoernooi deelgeneem, wat in Brisbane, Perth en Sydney beslis is.

Dié toernooi vervang die ATP Wêreldspan-toernooi.

Nadal sê die twee toernooie is te na aan mekaar.

Die toevoeging van nóg ’n toernooi in Januarie plaas boonop baie druk op die spelers, wat ook in opwarmtoernooie speel vóór die Australiese Ope.

Novak Djokovic het Nadal Sondag met 6-2, 7-6(4) geklop om die grondslag te lê vir Serwië se oorwinning met 2-1 oor Spanje.

“Dit is ’n goeie toernooi, maar ons moet dit regtimmer. Die ITF en die ATP (mans se beroepsreeks) moet saamwerk om ’n groot wêreld-spantoernooi te reël, pleks van twee Wêreldbeker-toernooie,” het Nadal gesê.

“Dit is verwarrend. Ons moet deursigtig wees in ons sport.”

Djokovic is ook ’n voorstander van een spankompetisie.

* Intussen het die ATP bekend gemaak dat sy spelers $500 000 ingesamel het vir die WWF se Wildlife and Nature Recovery Fund vir die slagoffers van die Australiese veldbrande.

Djokovic, Nadal, Roger Federer, Stefanos Tsitsipas, Nick Kyrgios en ander topspelers sal Woensdag in Melbourne aan vertoonwedstryde deelneem ten bate van die noodlenigingsfonds. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Rafael Nadal  |  Davisbeker  |  Atp-Bekertoernooi  |  Serwië  |  Spanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.