Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Aktrise’ van ‘7de Laan’ wen tennistitel
Mariska Venter. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Mariska Venter het die naweek die Toulouse-ope, ’n ITF-rolstoeltoernooi, in Frankryk gewen.

Venter, 31ste op die wêreldranglys, het die Spanjaard Lola Ochoa Sondag in die eindstryd met 3-6, 6-3, 6-2 geklop.

Sy het haar plek in die eindstryd verseker deur Zoë Maras van Frankryk in die halfeind met 6-1, 6-4 te klop.

Venter was onlangs ook op televisie te sien toe sy ’n kameerol in die Afrikaanse sepie 7de Laan vertolk het. Boonop is sy volgens haar webtuiste ook ’n motiveringspreker en model. – Sportredaksie

Mariska Venter met die trofee wat sy in Frankryk verower het. Foto: Facebook/Mariska Venter

Meer oor:  Frankryk  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.